SKONS SOOS OUMA SIN
- 2 koppies bruismeel
- bietjie sout
- 3 eetlepels suiker
- 2 eetlepels botter
- 1 koppie volroommelk
Vryf die botter by die meel tot krummelrig.
Meng met 1 koppie melk tot ‘n gladde deeg en laat staan vir 15 min om te rys.
Rol die deeg uit en druk sirkels uit so groot soos verkies.
Bak teen 200°C tot bruin en gaar, ongeveer 15 – 20 min hang af van hoe groot hulle is.
Foto en resep: Heleen Everson