Your Recipe Blog

SKILFERKORSDEEG ONTBYT KOPPIES

SKILFERKORSDEEG ONTBYT KOPPIES

  • 1 vel skilferkorsdeeg
  • 3 eiers, geklits
  • 5 repies spek
  • 1 handvol gerasperde kaas
  • sout en peper, indien nodig

Laat die deeg ontdooi, tot wanneer dit hanteer kan word sonder om te kraak.
Voorverhit die oond tot 200°C.
Sny die deeg in blokkies, groot genoeg om een muffinpan gaatjie  te kan bedek.
Vul elke gaatjie met kaas.
Sny die spek in stukkies op en meng met die eier.
Skep die mengsel bo-op die kaas.
Bedek die mengsel met ekstra kaas en voeg so paar stukkies spek bo-op dié.
Plaas in die oond vir ongeveer 15 min, of tot die deeg gaar is.

Nota:
Ek sal in die toekoms die sout en peper uitlaat, aangesien die spek dit klaar souterig laat smaak.

Resep en foto: Madélynn Janse Van Rensburg

2 Reviews

  1. Petrus

    Ek sal n gerasperde baby marrow bysit en sien hoe dit werk

    Star
    • Hallo Petrus
      Ek sien jy het ‘n resep op ons blog gelaai, ongelukkig moes ek dit verwyder want daar is nie ‘n foto by nie en die formaat was ook nie heeltemal reg nie, dit was ook engels en afrikaans deurmekaar. Kan ek vra, indien jy ‘n lekker resep vir ons het, plaas dit asb op die food lovers recipe groep op facebook en dan kan ons admins dit op die website sit asb? Dan sien al die lede dit ook en kan dit geniet, wanneer jy die op die website plaas weet niemand eers van jou lekker resep nie. Hoop jy verstaan, nogmaals dankie vir jou saamkuier.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page