SKILFERKORS APPELDEEG RINGE
- 2 appels
- 3 plat skilferkors velle
- Maak ‘n dun vla met:
- 500 ml melk
- 50 ml suiker
- 50 ml vlapoeier
- 5 ml vanilla
Ontpit appels en sny in drie ringe per appel. Sny deeg in 2 cm lengtes.
Draai die deeg om die ringe.
Bak by 200°C vir 25 minute.
Meng die melk, suiker en vlapoeier, plaas in die mikrogolf en roer elke 30 sekondes tot die vla gaar is, ongeveer 5 min.
Voeg die vanilla by, meng deur en bedien die ringe saam met die vla.
Nota:
Indien die vla te dik is, voeg bietjie meer melk by en mikrogolf net weer vinnig dat alles warm is.
Resep en foto: Brunhilda Venter