Your Recipe Blog

SKELVIS (HADDOCK) VISKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Prep: 10 Minutes | Cook: 35 Minutes

SKELVIS (HADDOCK) VISKOEKIES 

Gemaak vir aandete. Ek het net my eie bottersous gemaak met botter, suurlemoensap, grofgemaalde swart peper en toe 1 eetlepel gekapte kappertjiesaad by die bottersous gesit. Ons vrek daaroor saam met vis. Het net ⅓ van resep gemaak want ons is net 2 mense. 7 viskoekies gekry. Was heerlik.

  • Viskoekies:
  • 900 g skelvis
  • 50 g botter, gesmelt
  • 4 sprietuie, in dun skywe gesny
  • 3 aartappels, gekook
  • ’n hand vol pietersielie, fyn gekap
  • koekmeel, vir bestuif
  • 30 ml (2 eetlepels) olie
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • Sous:
  • 15 ml (1 eetlepel) suurlemoensap
  • 2 eiergele
  • 60 g botter
  • ’n klein hand vol grasuie, gekap

Voorverhit die oond tot 200 °C.
Verf die vis met die helfte van die gesmelte botter en geur goed.
Pak op ’n bakplaat en rooster 12 min. tot net deurgaar.
Laat afkoel en trek die bolaag van die vel van elke visfilet af en vlok in klein, bonkige stukke. Laat op kombuispapier dreineer.
Verhit die oorblywende gesmelte botter in ’n klein pan. Voeg die sprietuie by en kook 1 minuut. Sit eenkant.
Plaas die gekookte aartappels in ’n bak en maak fyn tot glad.
Roer die sprietuie, gevlokte vis en pietersielie in. Geur na smaak.
Vorm die mengsel in dik viskoekies met hande wat liggies met meel bedek is.
Bedek en laat minstens 1 uur verkoel.
Verhit die olie in ’n groot braaipan.
Bestuif elke koekie met nog meel, voeg dit in die pan en braai 3 minute weerskante oor matige hitte tot goudbruin.
Plaas op ’n gesmeerde bakplaat en bak 12 min. tot deurwarm.

Sous: 
Giet die suurlemoensap en eiergele in ’n oondvaste bak en klits tot dik.
Klits die eiermengsel 8 minute in ’n pot oor pruttende water.
Voeg die botter stuk vir stuk by tot goed gemeng.
Geur met die sout en vars gemaalde peper, voeg die grasuie by en giet oor die viskoekies.

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page