Your Recipe Blog

SKAAPVLEISKERRIE

Recipe by
| Servings: 2 persone

SKAAPVLEISKERRIE

  • uie, hoeveelheid na keuse
  • fyn knoffel, hoeveelheid na keuse
  • sampioene, hoeveelheid na keuse
  • druiwepit olie vir braai
  • 1 teelepel botter
  • 1 eetlepel kerrie
  • 1 eetlepel witsuiker
  • 4 eetlepels asyn
  • ± 800 g skaap kookvleis
  • 500 ml warm water
  • 1 aftrekselblokkie van keuse
  • sout, peper en speserye na smaak
  • aartappels en groente van keuse
  • 2 ½ eetlepels wit- of bruin uiesoppoeier

Sny die uie en sampioene soos verkies en plaas dit saam met die fyn knoffel, druiwepit olie en botter in ‘n groot genoeg pot op die stoof en braai totdat dit mooi bruin is.
Voeg die kerrie, suiker en asyn by die uiemengsel en braai saam tot die geure gemeng is. Voeg die vleis by die uiemengsel en braai totdat die vleis geseël is.
Voeg die aftrekselblokkie by die warm water, laat dit oplos en voeg by die vleismengsel, plaas die deksel op die pot en laat dit stadig kook totdat die vleis sag is.
Voeg sout, peper en speserye na keuse by. Ek gebruik net pepperdew.
Voeg die aartappels en groente van jou keuse by en nog water indien nodig en kook verder totdat die groente of aartappels sag is.
Meng die soppoeier met ‘n bietjie water tot ‘n pasta en voeg dit by die vleis in die pot, roer deur en kook verder totdat die sop gaar en die sous verdik het.
Indien die sous nie dik genoeg na keuse is nie, kan nog soppoeier bygevoeg word.

Resep en foto: Marlene Minderon

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page