SKAAPVLEIS MARINADE
- 1 teelepel heelkorrel mosterd
- 80 ml olyfolie
- 1 takkie vars roosmaryn
- zest en sap van halwe suurlemoen
- 1 knoffelhuisie, grofgesny
Meng alles saam en marineer skaapvleis daarin.
Ek gebruik hierdie marinade oor skaaptjops, maar glo dit sal net so lekker oor ribbetjie en skaapboud wees.
Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen
Category: