Your Recipe Blog

SKAAPTJOPS-A-LA-ITALIA

SKAAPTJOPS-A-LA-ITALIA

  • Stap 1:
  • 8 skaaptjops
  • 1 fyngesnyde ui
  • sout en swartpeper, na smaak
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 eetlepel botter
  • vars kruie, na smaak (tiemie, basiliekruid, steranys, roosmaryn)

In ‘n swaarboom pan, ek gebruik gietyster, voorverhit olie en net voor rookpunt, voeg eetlepel botter by.
Roerbraai uie tot sag.
Voeg kruie by en braai tjops wat vooraf gegeur is met speserye so 2 – 3 minute aan ‘n kant.
Die tjops moenie bleek wees nie, hulle moet mooi goudbruin wees.
Moenie oorgaar maak nie en skep uit om te “rus”.

  • Stap 2:
  • ‘n handvol vars kruie van jou keuse
  • 3 geroosterde knoffelbolle
  • 500 g gaar pasta
  • ¼ koppie olyfolie
  • ½ koppie Parmasaan kaas, gerasper
  • ½ wig bloukaas van jou keuse (as jy ‘n bangbroek is, kan jy dit weglaat)

Verhit olie saam met vars kruie in ‘n pan.
Haal knoffelhuisies uit die bolle. As jy dit onder druk, spring die gaar knoffel baie maklik uit.
Voeg knoffel by kruie in olie. Wanneer dit begin “sizzle” haal groen kruie uit.
Meng  pasta en olie.
Roerbraai pasta in olie met die gegeurde olie en knoffel.
Meng bloukaas by en laat dit smelt.
Meng goed en voeg Parmasaan kaas by.
Hou warm.

  • Stap 3:
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 250 g kersietamaties
  • vars kruie
  • sout en baie swart peper met 2 teelepels bruinsuiker

Verhit olie.
Plaas kersietamaties heel in ‘n pan.
Strooi kruie en suiker oor.
Skud pan oor matige hitte tot tamaties glansend en gaar, maar nie pap is nie.

Sit alles bymekaar. Skep pasta op mooi wit opdienbord, skep tamaties oor pasta en rangskik tjops om die kant van die bord. Skink ‘n lang glas rooiwyn in, sit terug en gee jou oor aan ‘n smaakontploffing!

Foto: Dricus Bosman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page