Your Recipe Blog

SKAAPSTERTJIES IN DIE OOND

Recipe by
Cook: 1½ - 2 ure plus verbruiningstyd

SKAAPSTERTJIES IN DIE OOND

  • 1½ kg skaapstertjies
  • 1 eetlepel droë tiemie
  • biltongspeserye, na smaak
  • knoffel, na smaak
  • sout en peper, na smaak
  • 3 eetlepels Worcestershiresous
  • 3 eetlepels suurlemoensap
  • 50 ml tamatiepasta
  • 1 ui, grof gekap

Sit stertjies in die stoompot en kook vir een uur saam met Worcestershiresous en suurlemoensap. Behou sous van stoompot. Bedek oondbakbodem met growwe uiestukke. Versprei stertjies bo-oor die uie. Meng ± 1½ – 2 koppies van die souswater van die stoompot met tamatiepasta en giet bo-oor die stertjies.
Sprinkel speserye, geurmiddels en knoffel oor. Sit ‘n deksel/bedekking op oondbak en bak in oond by 160 °C vir 1½ – 2 ure.
Haal die deksel/bedekking af en rooster bietjie tot bruin voor opdiening.

Resep en foto: Frances Smith

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page