SKAAPSKENKELS IN ROOIWYN
Hierdie skenkels in ‘n baksakkie gemaak en ek sal dit nooit weer anders doen nie.
- 2 heel lamskenkels
- 125 ml rooiwyn
- 2 teelepels Marina knoffelbraaisout
- 2 teelepels Robertson’s braaispeserye
- ½ koppie vars kruisementblare, geskeur
- 150 ml kookwater
Voeg al die bestanddele saam in’ n oond baksakkie.
Seël soos aangedui in die instruksies op die pakkie en bak vir 2.5 ure by 190ºC.
Voeg die kookwater by deur een van die gaatjies in die sakkie na 75 minute in die oond.
Resep en foto: Ilze Jacobs