Your Recipe Blog

SKAAPSKENKELPASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 30 minute

SKAAPSKENKELPASTEI

  • 1,5 kg skaapskenkel (Ek het 1 kg gevat)
  • 25 ml olie
  • 1 ui
  • 60 ml koekmeel
  • 25 ml sampioensoppoeier
  • 250 ml melk
  • 1 blik sampioene (Ek het vars gevat)
  • 10 ml aangemaakte mosterd
  • 125 ml gerasperde kaas
  • sout en peper na smaak

Voorverhit oond op 200ºC.
Kook skenkels in genoeg water tot goed sag! (Ek het 1 teelepel sout, 1 teelepel peper, 1 teelepel tiemie by gegooi hier) ontbeen en sny in stukkies (hou aftreksel).
Braai ui en braai dan vleisies.
Voeg 200 ml vleisaftreksel (Ek het 400 ml gebruik) by.
Meng die koekmeel, soppoeier, melk en roer by! Voeg sampioene en mosterd by en laat stowe tot sous verdik! Haal van stoof af en roer kaas by! Proe vir sout en peper! Skep in oondvaste bak!

  • Pastei kors:
  • 125 ml melk
  • 125 ml olie
  • 1 eier
  • 200 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knypie sout
  • uieringe

Meng al die bestanddele vir die kors, behalwe die uie.
Gooi oor vulsel en rangskik uieringe bo-oor.
Bak vir 20 min (Ek het 30 min gebak).
Ek het pietersielie en paprika oorgestrooi.
BAIE BAIE LEKKER!!!!!

Eerste Foto: Benhet Nieuwenhuis
Tweede Foto: Louise Grobbelaar – ek het nie die uieringe in die deeg gebruik nie.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5