Your Recipe Blog

SKAAPNEKTJOPS KASSEROL

Recipe by
Cook: 60 - 90 min

SKAAPNEKTJOPS KASSEROL

  • 6 skaapnektjops
  • 250 ml water
  • 75 ml tamatiesous
  • 25 ml Worcestersous
  • 25 ml asyn
  • 5 ml (1 teelepel) suiker
  • bietjie koekmeel
  • 250 ml (1 koppie) pypie-macaroni
  • 1 groot ui, gekap
  • 250 ml (1 koppie) gerasperde Chedderkaas
  • sout en peper na smaak

Bespuit die kasserol (met ‘n deksel) met kleefwerende spuitmiddel en geur die tjops met sout en peper, rol in die koekmeel.
Plaas die tjops langs mekaar in die kasserol.
Meng die water, Worcestersous, tamatiesous en asyn, bedek die tjops daarmee en strooi dan die suiker oor.
Plaas die deksel op en bak in voorverhitte oond op 180 °C vir 60 – 90 minute.
Kook die macaroni en uie saam in soutwater tot macaroni sag is, dreineer en hou dit warm.
Versprei macaroni en uie oor gaar tjops en strooi kaas oor.
Plaas kasserol terug in oond en bak sonder deksel tot macaroni verbruin.

Resep geplaas deur Linda Venter
Foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page