Your Recipe Blog

SKAAPNEK IN ‘N SUURSOUS

Recipe by
Cook: 40 minute

SKAAPNEK IN ‘N SUURSOUS

Die gereg lyk vaal maar is heerlik.

  • 1 skaap- of lamsnek
  • 2 eetlepels wit asyn (kan nog na die tyd byvoeg as dit nie suur genoeg is nie)
  • witpeper, na smaak
  • sout, na smaak
  • 3 teelepels Maizena

Plaas die skaapnek en een koppie water saam met die sout en peper in die drukkoker en laat stoom vir 40 minute.
Meng die Maizena met bietjie koue water en voeg van die neksous by. Meng goed.
Voeg die Maizenamengsel in die drukkoker, meng deur en laat prut tot die skaapnek gaar is en die sous lekker verdik het.  Proe aan die sous, indien nodig, voeg nog bietjie asyn by vir ‘n suurder sous, kook weer goed deur indien jy ekstra asyn bysvoeg.

Bedien met rys en groente.

Resep en foto: Martin Labuschagne

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page