SKAAPLEWER EN NIERTJIES MET SOET-SUUR SOUS
- Soetsuur sous:
- 6 eetlepels tamatie sous
- 6 eetlepels water
- 6 eetlepels asyn
- 6 eetlepels suiker
- ⅓ teelepel sout
- 1 teelepel Engelse mosterd
- stroop van 1 blik pynappel stukke (440 g)
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier
Kook bogenoemde bestanddele ‘n bietjie saam.
- Maak aan en roer by die sous:
- 2 teelepels Maizena
- 2 teelepels water
Braai die res van die pynappel saam met ‘n gekapte ui.
Laat die lewer en niertjies vir ‘n ruk in asyn water lê, maak dit skoon en bedek met meel en met die volgende speserye:
- Na smaak:
- koljander
- tiemie
- naeltjies
- cumin
- sout en peper
Braai tot goudbruin in bietjie olie.
Meng die sousmengsel, die pynappel- en uimengsel in by die lewer en prut tot die sous dik word.
Bedien met stywepap.
Resep geplaas deur Lelane Van Der Walt
Foto: Lelane Van Der Walt