SKAAPBOUDTJOP-REPIE-ROERBRAAI
- 2 skaapboudtjops opgesny in repies of sagte snitte vleis van jou keuse
- ½ savoy kool fyngekerf of ¼ gewone kopkool
- ½ elk rooi-, geel- en groenrissies in dun repies gesny
- 3 eetlepels sojasous
- 2 eetlepels tuisgemaakte of gekoopte blatjang
- sout en peper na smaak
- 3 eetlepels knoffelbotter
- oorskiet gaar geel spaghetti met soetmielies*
Smelt die knoffelbotter in ‘n kleefvrye pan.
Voeg die vleisrepies en kool by, braai vir ‘n paar minute en roer liggies dat dit nie aanbrand nie.
Voeg soetrissies by en braai tot gaar maar steeds ferm.
Voeg die sojasous, sout en peper, blatjang en spaghetti mengsel by.
Meng al die bestanddele versigtig saam om te verhoed dat die groente breek.
Nota:*
Vir geel spaghetti, kook die spaghetti in borriewater.
Die roerbraai kan as alternatief met rys of kapokaartappel bedien word.
Resep en foto: Christelle van Rooyen