SKAAPBOUD OORNAG IN DIE OOND
- 1 heel skaapboud
- 3 knoffelbolle
- 2 suurlemoene
- sout en peper
- vars roosmaryn
- 2 koppies witwyn
Plaas boud in ‘n pan en sny oor vet gedeelte.
Sny een knoffel bol in die helfte en vryf oor boud.
Druk sap van 1 suurlemoen uit oor die boud. Sout en peper na smaak.
Gooi die wyn in die pan saam met oorblywende knoffel, suurlemoen en roosmaryn.
Bedek met foelie en bak in die oond oornag teen 100°C.
Resep en foto: Johann Van Vuuren
thanks