SKAAPAFVAL MET ‘N TWIST
“Bedien saam met stampkoring/Perled barley, en ‘n tamatie- en uieslaai daarby…DAN het ‘n man NIKS meer nodig nie.”
- 1 skaapafval, ± 2 kg
- 2 eetlepels sout
- 2 teelepels peper
- 2 eetlepels kerriepoeier, sterkte volgens jou keuse
- 1 teelepel borrie
- 1 kaneelstokkie, gebreek
- 4 – 6 lourierblare
- 2 groot uie, gekap
- 25 ml asyn
- 3 eetlepels blatjang of appelkooskonfyt
- 2 – 3 groot patats, in ringe of stukke gesny
Kook alles saam (behalwe die patats) in ‘n groot pot met genoeg water. Kook tot die vleis murgsag is (± 2 – 3 ure), voeg dan eers die patats by, en kook vir nog 10 – 20 minute tot die patats sag is.
Resep en foto’s: Stefaans Blaauw