SKAAP- EN GROENBOONTJIEBREDIE
Ek het gister ‘n baie lekker bredie gemaak.
- 1 kg skaapkookvleis
- 1 teelepel rooipeper (Cayene)
- 1 teelepel swartpepper
- 3 blokkies beesvleisaftreksel aangemaak met 3 koppies water
- 1 teelepel rissievlokkies
- sout na smaak
- 3 teelepels gemengde speserye van keuse
- 5 uie, opgesny
- 4 knoffeltoontjies, opgesny
- 5 teelepels Worcesterstersous
- vars tiemie na smaak
- 3 teelepels tamatiepasta
- 1 kg groenboontjies
- 8 groot aartappels, geskil en gesny soos verkies
- ½ pakkie bruin uiesoppoeier aangemaak met bietjie water
Braai die vleis in ‘n groot pot op die stoof tot bruin en voeg die speserye, uie, knoffel, Worcestersous, kruie, aftreksel en tamatiepasta by.
Plaas die deksel op die pot en kook vir 4 ure op baie lae hitte.
Voeg die boontjies by die vleismengsel, roer deur en kook vir ‘n verdere 1 uur.
Voeg die aartappels by, roer deur en kook verder totdat die aartappels sag is.
Wanneer die bredie amper gereed is, voeg die soppoeier by, roer liggies deur en prut vir ‘n verdere 30 minute tot die sop gaar is.
Resep en foto: Flipkotie Olivier