SJOKOLADETERT
- 50 – 80 ml botter gesmelt
- 300 g Romary Creams, fyngemaak
- 500 ml room, verkoel
- 100 ml melk
- 1 pakkie sjokolade kitspoeding
- 15 ml strooisuiker
- 15 ml rum of rum geursel
- 1 tot 2 Flakes, opgebreek
Bespuit ‘n tertbord van 24 cm.
Meng die botter en fyngemaakte koekies vir die kors saam en druk vas op bodum van die tertbak.
Klits die room, melk, sjokolade kitspoeding, suiker en geursel saam tot dik.
Giet oor die tertkors en maak gelyk.
Strooi die gebreekte Flake bo-oor en verkoel tot gestol.
Resep en foto: Amanda Austen