Your Recipe Blog

SJOKOLADEROL MET KERSIEVULSEL

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 minute

SJOKOLADEROL MET KERSIEVULSEL

  • 300 ml strooisuiker
  • 160 ml kakao
  • 8 eierwitte
  • 1 ml kremetart
  • 5 ml vanilla geursel
  • strooisuiker, om in te rol

Sif helfte van die strooisuiker en kakao saam. Hou eenkant.
Klits die eierwitte en kremetart saam tot dit sagte punte vorm.
Voeg die res van die strooisuiker lepel vir lepel by en klits tot styf en blink.
Vou die kakaomengsel en die vanilla in.
Skep in die voorbereide pan en maak gelyk.
Bak ongeveer 25 minute by 180ºC.
Strooi strooisuiker oor ‘n skoon vadoek en keer die rol daarop uit.
Laat die rol effe afkoel en trek dan die bakpapier af.
Sny die kante gelyk en rol op met die vadoek.
Laat heeltemal afkoel.

  • Vulsel:
  • 500 ml natuurlike jogurt, oornag dreineer
  • 500 g vars kersies, ontpit

Rol oop, smeer jogurt oor en strooi die kersies oor. Rol weer op.  Versier soos verkies.

Foto: Christa Grobbelaar

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page