SJOKOLADEPOEDING BÊREMENGSEL
Nog ‘n bêremengsel vir iemand. Ek dink dit kan lekker werk as daar nie tyd is om winkels toe te gaan nie saam met jellies en ‘n lekker vla by.
- Sjokoladepoeding mengsel:
- 1 ¼ koppies suiker
- 1 koppie Maizena
- 1 koppie kits droë melkpoeier
- ¼ koppie onversoete kakaopoeier
- Om Sjokoladepoeding te maak:
- 2 koppies volroom melk
- ½ koppie poedingmengsel
Sjokoladepoeding mengsel:
Plaas ‘n fyn sif oor ‘n groot bak.
Sif elke bestanddeel in die bak en klits om goed te meng.
Plaas die mengsel in ‘n lugdigte houer en bêre tot gereed om te gebruik.
Om Sjokoladepoeding te maak:
Meng die melk en ½ koppie van die poedingmengsel in ‘n medium kastrol oor matige hitte.
Bring tot kookpunt en laat kook vir 1 minuut.
Verminder hitte tot laag en prut tot dik terwyl aanhoudend geroer word, sowat 10 minute.
Plaas mengsel in ‘n bak en bedek met plastiek direk op die oppervlak van die poeding om te keer dat ‘n vel vorm.
Bêre in die yskas tot gereed om te bedien. Die poeding sal verdik soos dit afkoel.
Foto en resep gemaak deur Stien Rust