SJOKOLADEKOEK SONDER EIERS
- 750 ml koekmeel
- 500 ml suiker
- 20 ml bakpoeier
- 80 ml kakao
- 5 ml koeksoda
- knippie sout
- 500 ml kookwater
- 250 ml olie
- 10 ml vanilla geursel
- 50 ml asyn
Meng al die droë bestanddele saam in ‘n mengbak.
Meng nat bestanddele saam in ‘n aparte houer en voeg by die droë bestanddele, meng net tot al die bestanddele goed gemeng is, moenie oor meng nie.
Skep die beslag in 2 voorbereide koekpanne.
Bak teen 180 ºC vir 20 – 30min
Resep en foto: Adri Theron