Your Recipe Blog

SJOKOLADEKOEK SONDER EIERS OF BAKPOEIER

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 minute

SJOKOLADEKOEK SONDER EIERS OF BAKPOEIER

Julle, hierdie is nou die sjokoladekoek wat alle ander te bowe gaan! As jy mooi weeg en meet sal jy nooit weer iets anders bak nie! Ryk, klam en donker. Vir die koek self het jy nie eers ‘n klitser nodig nie; net vir die versiersel. Dis ‘n resep wat ek jare gelede uit ‘n tydskrif gesny het.
**Geen eiers of bakpoeier nie**

  • Meng saam in een beker of bak:
  • 2 koppies goeie gehalte aangemaakte koffie, afgekoel tot warm, nie kokend nie. (250 ml x 2)
  • Voeg by:
  • 2 eetlepels witasyn
  • 1 eetlepel vanilla geursel (Ekstrak as jy het)
  • ⅔ koppie sonneblomolie (as jy olyfolie het, nie extra virgin nie, kan jy dit gebruik)
  • Sif saam in ‘n ander bak:
  • ½ koppie onversoete kakao (gewone Nestle of so iets – dit hoef nie Dutch Cacao te wees nie)
  • 2 koppies suiker
  • 3 koppies meel
  • 2 teelepels koeksoda (nie bakpoeier nie)
  • 1 teelepel sout (moenie uitlaat nie)

Roer die droë bestandele lekker deurmekaar.
Giet die vloeistof by en roer met ‘n whisk tot alles mooi nat is.
Jy mag dalk bietjie kakao-klontjies hê – dis OK. Whisk dit net genoeg om alles te meng.
Smeer twee 20 – 23 cm koekpanne met botter uit en sny bakpapier om onderin te sit.
Verdeel die deeg eweredig. Ek het die deeg afgemeet en geweeg, maar jy kan sommer skat.
Bak teen 175 °C vir 35 minute tot ‘n toetspen of tandestokkie skoon uitkom.
Laat afkoel in die panne vir 15 min. Gly ‘n mes om die kante en keer uit op ‘n draadrak. Trek die papier af.
Laat heeltemal afkoel.

  • Versiering:
  • 250g Philadelphia roomkaas
  • 250 g sagte, ongesoute botter
  • 5 koppies versiersuiker
  • 1 koppie kakao
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • ½ teelepel sout

In ‘n elektriese klitser of met handklitser, klits die roomkaas en botter saam tot lig en donsig.
Skraap die bak so twee keer. Klits vir so 3 minute.
Sif die versiersuiker en kakao om die beurt daarby, sodat die kakao nie klonte maak nie.
Voeg die vanilla en sout by. Moenie dit uitlos nie!

Smeer ‘n blerts versiersuiker op ‘n bord en sit die eerste koeklaag met die platkant na bo op die bord.
Skep ‘n goeie klomp (⅓ van jou mengsel) op die koek en maak gelyk.
Sit die boonste koek ook met sy platkant na bo op die eerste laag.
Skep so ¾ van wat oor is bo-op en smeer mooi bo-op.
Gebruik ‘n lang spatula om die koek rondom te smeer.
Jy kan met ‘n lepel “swirls” bo-op maak.

Resep geplaas en foto deur Jeanette Martins

Foto 2:  Hannetjie Langenhoven
Ek het nou cupcakes gebak van dieselfde resep, maar met die bakpoeier en koeksoda.
4 teelepels bakpoeier en 1 teelepel koeksoda.
Het hulle 12 tot maksimum 14 min gebak by 180°C. (24 grotes en 8 kleintjies)

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5