SJOKOLADEKOEK SONDER EIERS MET STROOISUIKER
Resep en foto: Joey Strydom
Vanmiddag die koek gebak vir my verjaardag môre, versiersel is room wat styf geklop is met ‘n blikkie karamel ingevou.
- Sif die droë bestanddele goed saam:
- 650 ml (310 g) koekmeel
- 90 ml kakao
- 10 ml bakpoeier
- 10 ml koeksoda
- 3 ml sout
- 325 ml (275 g) strooisuiker
- Meng die volgende goed saam:
- 160 ml kookolie
- 30 ml asyn
- 5 ml vanilla geursel
- 500 ml water
- Voeg die kookoliemengsel geleidelik by die droë bestanddele terwyl aanhoudend geklop word.
- Skep beslag in 2 gesmeerde panne en bak 35 – 40 min by 180ºC.
- Laat die koek 5 min lank in die panne afkoel en keer dan uit.
- Laat heeltemal afkoel en versier soos verkies.
Category:

