SJOKOLADEKOEK SONDER EIERS EN MELK
- 650 ml koekmeel
- 90 ml kakaopoeier
- 10 ml bakpoeier
- 10 ml koeksoda
- 3 ml sout
- 325 ml strooisuiker
- 160 ml olie
- 30 ml asyn
- 5 ml vanilla
- 500 ml water
Sif die meel, kakao, bakpoeier, koeksoda, sout en strooisuiker saam. Meng die olie, asyn, geursel en water.
Voeg doe oliemengsel geleidelik by die droë bestanddele terwyl voortdurend geklop word.
Giet beslag in 2 gesmeerde koekpanne.
Bak 35 – 40 min by 180°C of totdat die toetspen skoon uitkom. (Enkel laag bak 50 – 55 min)
Laat die koeke 5 min in die panne afkoel voordat dit op ‘n draadrak uitgekeer word.
Versier soos verkies.
Nota:
Wat ek gedoen het om hoër lae te kry, ek het die resep 2 x apart vir elke koekpan aangemaak.
Foto: Gerda Erasmus Pretorius