SJOKOLADEKOEK MET STROOP
Dit is al Sjokolade koek wat in ons huis gebak word. Ek het ook al met sukses die resep verdubbel om twee koeke op ‘n slag te bak. Die koek kan versier word soos verkies, maar hier het ek ‘n suikerstroop oor die koek gegiet en met sjokolade ganache en wispers versier.
- Beslag:
- 125 ml kookwater
- 250 ml kouewater
- 4 eetlepels donker kakao
- 125 ml olie
- 4 eiers
- 1½ koppie suiker
- 2 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel sout
- Stroop:
- 125 ml suiker
- 125 ml water
- Sjokolade Ganache:
- 2 x 150 g melk sjokolade
- 250 tot 375 ml room
Meet olie af in maatbeker, voeg kakao by en roer tot glad en sonder klonte.
Voeg die kookwater by en roer tot gemeng.
Voeg die kouewater by en meng. Plaas eenkant.
Klits suiker en eiers saam tot dik en liggeel.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout by eiermengsel.
Klits of roer mengsel net totdat die koekmeel ingewerk is.
Voeg die kakao mengsel bietjie vir bietjie by en meng deur totdat daar nie meer wit deeg is nie.
Giet in ‘n voorbereide tuitpan.
Bak teen 180°C vir 25 tot 30 minute of tot gaar.
Keer koek uit op opdienbord en laat goed afkoel.
Stroop:
Kook die suiker en water saam tot suiker gesmelt is.
Laat die stroop afkoel.
Giet die stroop oor die koek.
Sjokolade Ganache:
Breek die sjokolade in blokkies en plaas in mikrogolf.
Smelt sjokolade teen 20% (defrost) vir 1 minuut.
Roer sjokolade en plaas terug in mikrogolf indien al die blokkies nog nie gesmelt is nie en smelt weer vir 1 minuut.
Herhaal tot al die sjokolade gesmelt en glad is.
Voeg 250 ml room bietjie vir bietjie by en roer todat dit ‘n dik ganache gevorm het.
Indien die ganache nog te dik is voeg nog bietjie room by.
Versier koek soos verkies.
Resep en foto: Alta de Wet