Your Recipe Blog

SJOKOLADEKOEK MET STROOP – VERSKEIE RESEPTE

SJOKOLADEKOEK MET STROOP – VERSKEIE RESEPTE

Resep 1:

Dit is amazing soet en baie baie baie lekker. Ekke het die koek gister weer gemaak.”

  • Koek:
  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie koekmeel
  • 4 eiers
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 2 eetlepels kakao
  • 1 teelepel sout
  • 1 koppie olie
  • 1 koppie water
  • Sous:
  • 1 blik ingedampte melk
  • 1 koppie suiker
  • 2 x 150 g heelneutsjokolade
  • klein bietjie gewone melk

Koek:
Klits die eiergele saam die suiker en sif die droë bestanddele by. Klits die mengsel tot dit lekker gemeng is. Klits die eierwitte tot styf en vou dit by die koekmengsel in. Bak vir ± 35 minute by 180 °C. Kook die  ingedampte melk met die een koppie suiker op die stoofplaat en skep oor die warm koek sodat dit goed intrek. Smelt die sjokolade met die bietjie melk en versprei dit bo-oor die koek.

Resep: Daniel Du Buisson
Foto: 1  Debbie Bornman
Foto 2: Christa Naude

Resep 2:

  • Koek:
  • 250 ml koekmeel
  • 250 ml suiker
  • 10 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 125 ml olie (Canola)
  • 4 eiers, geskei
  • 125 ml kakao
  • 125 ml kookwater
  • Stroop:
  • ¾ van 380 g blik ingedampte melk
  • 125 ml suiker
  • Versiersel:
  • ¼ van blik ingedampte melk
  • 2 plakke 100 g neutsjokolade

Koek: Sif die droë bestanddele vir die koek saam. Skei die eiers. Meng die olie, eiergele en kookwater saam. Meng die mengsel met droë bestanddele en vou die eierwitte in. Plaas die mengsel in ‘n oondvaste, gesmeerde  glasbak en bak teen 180 °C vir 20 – 25 minute.

Stroop: Kook die melk en suiker saam en sprinkel dit oor die warm koek sodra dit uit die oond kom.

Versiersel: Smelt die melk en sjokolade, in blokkies gebreek, saam en versprei dit bo-oor die koek.

Resep: Marie Grobler

Resep 3:

Wenk: Solank die koek in die oond is begin ek met versiersel. Ek gebruik 2 klein kastrolletjies om gelyktydig die bruinsuiker en halwe blik ideal melk te smelt en kook. Die ander kastrolletjie gebruik ek vir sjokelade en ander halwe blik Ideal Melk te smelt. Sodra koek uit oond kom is versiersel gereed om op koek te kom. Ons maak dit gewoonlik in ‘n diep Pyrexbak. Ons bak dit nie in ‘n gewone koekpan en gooi dan die koek eers uit om af te koel nie. Ons gooi dit net so op die warm koek. Oor dit in ‘n diep Pyrex bak is kan die sjokolade nie af loop nie. Ons maak dit partymaal in die oondpan ook.

  • Koek:
  • 375 ml koekmeel
  • 125 ml kakao
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • 4 eiers
  • 500 ml suiker
  • 125 ml kunsbotter
  • 250 ml melk
  • 1 teelepel karamel geursel
  • Versiersel:
  • 1 blik ingedampte melk
  • 125 ml bruinsuiker
  • 200 g heelneutsjokolade

Koek: Klits die eiers en suiker saam totdat dit sponserig in voorkoms is. Voeg die droë bestanddele by. Kook die melk en kunsbotter saam. Voeg die kookmelkmengsel by die droë bestanddele en eiermengsel. Meng die gekombineerde mengsel deeglik. Voeg die karamel geursel by. Plaas die mengsel in ‘n redelike groot pyrexbak wat bespuit is met kossproei. Bak teen 180 °C vir 20 – 25 minute.

Versiersel: Smelt die bruinsuiker en ‘n ½ blik melk saam. Kook dit stadig vir vyf minute. Skep die warm sous oor die warm koek. Smelt die sjokelade en die ander ½ blik melk oor lae hitte. Versprei die mengsel oor die koek.

Resep: San-Mare Joubert Fourie

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page