SJOKOLADEKOEK MET KARAMEL EN BAR-ONE VULSEL
- Koek:
- 4 eiers
- 375 ml (1¾ koppie) strooisuiker
- 500 ml (2 koppies) koekmeel
- 30 ml (2 eetlepels) kakao
- 10 ml (2 teelepels) bakpoeier
- knypie sout
- 250 ml (1 koppie) melk
- 75 ml (5 eetlepels) olie
- 5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
- Vulsel:
- 90 g (1 pakkie) karamelkitspoeding
- 250 ml (1 koppie) melk
- 397 g (1 blik) karamelkondensmelk
- 250 ml (1 koppie) vars room
- 3 (60 g elk) Bar-One sjokolade
Stel oond op 180°C.
Koek:
Klits eiers tot liggeel. Voeg suiker by en klits tot dik. Sif meel, kakao, bakpoeier en sout saam. Verhit melk tot louwarm en voeg olie by. Meng meel en melkmengsel beurtelings by eiermengsel. Voeg vanilla by en meng net tot gemeng.
Skep deeg in twee gesmeerde ronde koekpanne met ‘n 22 cm-deursnee. Bak vir 30 min of tot toetspen skoon uitkom. Laat bietjie in panne afkoel en keer dan uit op afkoelrakkie tot heeltemal koud.
Vulsel:
Klits kitspoeding en melk saam vir 2 min. Roer kondensmelk tot glad en voeg by kitspoedingmengsel. Klits room styf en roer by kitspoedingmengsel in.
Rasper twee Bar-One’s op die growwe kant van die rasper en roer by kitspoedingmengsel in. Sny die koeklae in horisontale lae sodat jy 4 lae het.
Smeer vulsel op 3 lae. Plaas koeklae opmekaar. Sit 4de laag bo-op en smeer met die vulsel vir bokant. Sny of rasper oorblywende Bar-One en sprinkel bo-op die versiersel.
Foto en resep geplaas deur Laudia Els Crouse