Your Recipe Blog

SJOKOLADE VLAKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minute

SJOKOLADE VLAKOEK

Soos belowe, het ek die sjokolade weergawe gemaak. Die staan bekend as ‘n ‘Magic Chocolate Custard Cake’.

  • 4 eiers, kamertemperatuur
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1¼ koppie suiker
  • ½ koppie botter, gesmelt
  • ½ koppie koekmeel
  • ⅓ koppie + 2 eetlepels kakao poeier
  • 2 koppies melk, lou warm
  • 1 eetlepel versiersuiker vir garnering

Voorverhit oond tot 160°C.
Smeer ‘n 8 x 8 inch tertbord of glasbak met botter en lê dit uit met bakpapier.
Skei die eierwitte en eiergeel.
Klits die eierwitte styf en sit eenkant.
Klits die eiergeel, vanilla en suiker tot romerig.
Voeg die gesmelte botter by en meng ‘n half min.
Voeg die koekmeel en die kakao poeier by en meng goed tot alles deur gemeng is.
Voeg die melk geleidelik by en hou aan roer tot alles mooi deur gemeng is.
Vou die eierwitte ‘n derde op ‘n slag deur, maar moet nie oormeng nie.
Skep die loperige beslag in jou tertbord en bak vir 60 min.
Die middel van die koek sal nog ‘jiggly’ wees wanneer uit die oond gehaal word.
Laat afkoel vir 30 min en haal dan uit die bak uit.
Sodra dit kamertemperatuur is, sit in yskas en verkoel vir nog ‘n uur.
Sny, versier met die versiersuiker en bedien.

Resep en foto:  Hannelie Nagel

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page