Your Recipe Blog

SJOKOLADE ROLKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minute

SJOKOLADE ROLKOEK

  • 4 ektra groot eiers
  • 120 ml strooisuiker
  • 80 ml koekmeel
  • 60 ml Maizena
  • 5 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 40 ml kakao
  • 5 ml vanilla geursel

Klits eiers tot lig en donsig, voeg die strooisuiker lepelsgewys by en klits aanmekaar, mengsel moet dik wees.
Sif droë bestanddele 3 keer saam in ‘n houer en dan die 4de keer oor die eiermengsel.
Vou in met metaal lepel en voeg vanilla by.
Giet die mengsel in ‘n uitgevoerde pannetjie en bak 15 min by ongeveer 180ºC sonder ‘n waaier, of pas aan indien jy ‘n waaieroond gebruik.
Keer uit op klam doek, sny kante af en rol op sonder vulsel met behulp van die doek.
Rol af as koud is en smeer vulsel op.

Nota:
Ek het karamel kondersmelk opgesmeer asook styfgeklopte room.
As julle die koek wit wil hê, los die kakao uit en sit dan nog 40 ml koekmeel by.

Resep en foto: Marie Grobler

Category:

One Review

  1. Hi Carl dankie vir jou navraag soos ek in my vorige post aan jou verduidelik het, in 99% gevalle waar die hitte nie aangedui word nie is die 180ºC, maar oonder verskil so baie en daar is oonde met waaiers en daarsonder. So ja in die geval is dit 180 maar as jy ‘n waaier oond het is 170 goed, en as jy vind jou oond is baie warm, is 160 ook goed. Net tot gaar maw 15 – 20 min ongeveer.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page