Your Recipe Blog

SJOKOLADE ROLKOEK MET “KAMMA” SJOKOLADE MOUSSE

Recipe by
Cook: 10-12 minute | Servings: 6

SJOKOLADE ROLKOEK MET “KAMMA” SJOKOLADE MOUSSE

Ek het die resep vir die “kamma” sjokolade mousse op die blad geplaas en wou dit toets op ‘n koek. Ek het vandag die maklike rolkoek gebak en die vulsel opgesit.

  • Rolkoek:
  • 3 eiers (ek het jumbo gebruik)
  • ½ koppie + 2 eetlepels strooisuiker
  • ½ koppie bruismeel
  • ¼ koppie onversoete donker kakao
  • knippie sout

Voorverhit die oond tot 170ºC.
Smeer ‘n 20 x 30 cm koekiepan met botter en voer uit met bakpapier. Spuit met Spray en Cook.
Klits die eiers en strooisuiker tot lig en donsig, sowat 5 minute.
Sif die bruismeel en kakao saam oor die eiermengsel.
Vou die meelmengsel met ‘n spaan versigtig by die eiermengsel sodat die lug behoue kan bly.
Skep die deeg in die voorbereide pan en maak liggies gelyk.
Bak vir sowat 10 – 12 minute tot gaar. Die bokant moet liggies terugspring.
Plaas ‘n ekstra stuk bakpapier op ‘n vadoek en besprinkel met die ekstra strooisuiker.
Plaas die rolkoek onderste bo op die bakpapier en trek die bokant se papier af.
Rol die rolkoek op met behulp van die vadoek en laat goed afkoel.
Rol die rolkoek af en smeer ‘n dik laag van die “kamma” sjokolade mousse op en rol weer op. Daar is genoeg van die vulsel om bo-oor te smeer.
Versier volgens smaak.
Plaas in die yskas om stewig te word.

  • Kamma” Sjokolade Mousse:
  • ½ koppie suiker
  • ¼ koppie onversoete kakao
  • ¼ koppie mielieblom
  • knippie sout
  • 2 ¼ koppies melk
  • 2 eetlepels botter, kamertemperatuur
  • 1 teelepel vanilla geursel

Meng die suiker, kakao, mielieblom, sout en melk in ‘n pot.
Verhit die mengsel oor medium hittte en kook tot dik.
Haal van hitte af en roer die botter en vanilla by.
Laat afkoel. (skep in individuele bakkies vir ‘n aparte nagereg of gebruik as vulsel)

Resep en foto: Bernadene Prinsloo

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5