Your Recipe Blog

SJOKOLADE ROLBALLETJIES

Recipe by
Cook: 15-20 minute

SJOKOLADE ROLBALLETJIES

  • 400 g botter
  • 100 ml strooisuiker
  • 4 koppies koekmeel
  • 30 ml water
  • 2 plakke sjokolade
  • versiersuiker

Verroom botter en suiker.
Voeg koekmeel en water by en meng tot ‘n sagte deeg vorm.
Verkoel die deeg vir ‘n rukkie in die yskas.
Sny die sjokoladeblokkies in die helfte.
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Rol balletjies deeg met ‘n halwe blokkie sjokolade in die middel van die deeg.
Bak 15 tot 20 minute tot gaar. Die koekies bly lig en word nie rerig donker nie.
Rol die balletjies in versiersuiker terwyl dit nog warm is.

Resep en foto: Nadia Swanepoel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page