Your Recipe Blog

SJOKOLADE PIESANGSBLOKKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 22-25 minute | Servings: 16 - 20 blokkies

SJOKOLADE PIESANGSBLOKKIES

Vroeër die week het iemand soortelyke resep geplaas en ek het hom getoets en bietjie aangepas. Regtig ‘n heerlike klam piesangkoek of brood of selfs kolwyntjies sal heerlik wees.
Dit is ideal vir kosblikke, of padkos of saam met ‘n koppie heerlike koffie. Nie oorweldigend soet nie en vol piesanggeur. Hoe ryper die piesang is hoe beter.
Maak ongeveer 16 – 20 blokkies, hang af hoe groot jy sny.

  • 4 groot ryp piesangs
  • ¾ koppie bruinsuiker
  • ¼ koppie olie
  • ¼ koppie karringmelk
  • 2 groot eiers
  • 1 ¾ koppies koekmeel
  • 1 teelepel koeksoda
  • ½ teelepel bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • 1 teelepel kaneel
  • 1 koppie klein sjokolade stukkies (choc chip)

Voorverhit die oond tot 180ºC (waaier oond 170ºC).
Bespuit ‘n bak van ongeveer 22 x 22 cm met kossproei. (Jy kan ‘n bietjie grootter bak gebruik, dan sal jou blokkies dunner wees)
In die pan is die blokkies ongeveer 4.5 cm hoog.
Skil die piesang en maak goed fyn met ‘n vurk.
Meng die suiker, olie, karringmelk en eier by en meng goed met die hand.
Meng die droë bestanddele in ‘n aparte bak en meng in by die piesangmengsel.
Voeg ‘n halwe koppies van die choc chip by die mengsel, roer deur en skep in die voorbereide pan.
Sprinkel die res van die choc chip bo- oor.
Bak ongeveer 22 – 25 min of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Haal uit die oond en laat heelwat afkoel, sny in blokkies en bedien.
Ons het van dit gehou teen kamertempartuur of effens warm, maar dit is net so lekker koud uit die yskas.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page