Your Recipe Blog

SJOKOLADE “MUFFIN MIX” NAGEREG

Recipe by
Cook: 25 - 30 min

SJOKOLADE “MUFFIN MIX” NAGEREG

Ek het dit gebruik as nagereg en direk na dit uit oond gekom het, ‘n warm sjokolade sous oorgegooi en later met roomys bedien. Was heerlik. Jy kan dit ook gebruik as sjokolade koek (sonder sous). Versier na jou keuse.

  • 1 x 1  kg sjokolade muffin mix (enige soort)
  • 4 ekstra groot eiers
  • 320 ml olie
  • 400 ml water
  • 1 houertjie sjokolade splinters

Voorverhit oond tot 180°C.
Meng soos aanwysings op muffin mix pak.
Roer sjokolade splinters in.
Skep in oondbak (myne is effe kleiner as ‘n bierboks).
Dit rys mooi hoog.
Bak vir 25 – 30 minute.

Die sous is eintlik ‘n warm sjokoladesous vir roomys. Het dit jare terug by my oudste suster gekry. Werk goed saam met die sjokolade muffin mix nagereg.

  • Kook die volgende saam vir 5 min:
  • 6 eetlepels kakao
  • 2 koppies suiker
  • 1 koppie water
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • knippie sout
  • knippie kremetart
  • Ekstra:
  • 6 eetlepels margarien, voeg heel laaste by

Roer heel laaste die botter by.
Hou warm en skep oor die warm koek sodra dit uit die oond kom.

Nota:
Jy kan ook vir ‘n kleiner koek/nagereg die 500 g muffin mix gebruik (bak dan vir 20 minute) en as jy dit dan vir nagereg wil gebruik, halveer dan net die sous.

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page