Your Recipe Blog

SJOKOLADE MODDERKOEK

Recipe by
Cook: 25 minute

SJOKOLADE MODDERKOEK

  • 2 koppies koekmeel
  • 2 koppies suiker
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • 125 ml kakao
  • 125 g margarien
  • 125 ml olie
  • 250 ml water
  • ½ koppie karringmelk
  • 2 eiers
Verhit oond tot 180°C.
Sif die koekmeel, bakpoeier, suiker en sout saam. (mengsel 1)
Hou eenkant.
Kook die margarien, olie, kakao en water saam. (mengsel 2)
Klits die karringmelk en die eiers saam. (mengsel 3)
Voeg mengsel 2 by mengsel 1 en meng deur, voeg dan mengsel 3 by en meng goed.
Skep in ‘n langwerpige glas bak ongeveer 34 x 22 cm.
Bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  • Bolaag: (nadat koek gebak is en afgekoel het)
  • 75 ml margarien
  • 30 ml kakao
  • 45 ml karringmelk
  • 5 ml vanilla geursel
  • 375 ml versiersuiker

Smelt die margarien en meng die kakao daarin.
Meng die karringmelk en vanilla by en voeg die versiersuiker by. Meng goed.
Giet oor die gaar koek, wat redelik afgekoel is.

Resep en foto: Wilma Scott

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page