Your Recipe Blog

SJOKOLADE MIKROGOLFKOEK

Cook: 6.5 minute

SJOKOLADE MIKROGOLFKOEK

My weergawe van die koek, elke keer ‘n wenner.

  • 2 eiers
  • 1 koppie suiker
  • 4 eetlepels kookolie
  • 1 koppie bruismeel
  • 3 eetlepels kakao
  • knippie sout
  • 1 koppie kookwater of swartkoffie
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel koeksoda

Klits eers die eiers en suiker goed saam in ‘n mengbak.
Voeg die kookolie by en klits tot gemeng.
Meng die meel, kakao en sout saam en roer dit by die eiermengsel.
Voeg die kookwater / koffie bietjies bietjies by terwl aanhoudend roer.
Voeg die bakpoeier en koeksoda heel laaste by en meng vinnig deur.
Skep die beslag in ‘n voorbereide mikrogolf koekpan ( sorg dat dit lekker diep is) en bak die koek vir 6 minute 30 sekondes in die mikrogolf op vol sterkte.
Laat staan die koek in die toe mikrogolfoond vir 10 minute voor jy dit uit die mikrogolf verwyder.

Nota:
Ek vervang die kookwater met ‘n koppie sterk swart koffie.
Ek gebruik ‘n diep plastiekbak met ‘n deursnee van 20 cm, wat ek goed spuit met kleefwerende kossproei.
Ek het 2 koeke apart aangemaak en gebak en elke koek in 2 gesny wat ‘n 4 laag koek gemaak het.
Ek verkies om die beslag een een aan te maak, ipv om die resep te verdubbel en saam te meng, dit werk net beter vir my.

  • Mousseversiersel:
  • 1 houer “Orley Whip”, styfgeklits
  • 1 pakkie kitspoeding (ek het sjokolade gebruik)
  • 2 eetlepels kakao
  • 1 koppie versiersuiker
  • ¾ koppie melk

Roer die kitspoedingpoeier by die styfgeklitste room.
Voeg die kakao, versiersuiker en melk by die roommengsel en roer deur.
Indien die mengsel te styf is vir smeer, roer nog ‘n bietjie melk by.

Nota:
Ek hou van ‘n koffie-sjokolade smaak, so ek’t in die moussemengsel ook ± 3 eetlepels afgekoelde koffie bygevoeg.
Die lae tussenin het ek met 1 blikkie geklitste karamel asook mousse gesmeer en afgerond met karamel bo-op.

Resep en foto: Liezel Willers

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page