SJOKOLADE MELK YSIES
Ek het vandag sjokolade melk ysies gemaak. Ek het nie sakkies gehad nie en toe het ek dit sommer in ‘n ysbakkie geplaas. My man kon nie genoeg kry van dit nie. Kinders sal baie hiervan hou.
- 1 liter melk
- 1 pakkie sjokolade kitspoeding (of geur van jou keuse)
- 1 teelepel suiker
- roomys stokkies
Meng alles goed saam en plaas in klein plastieksakkies of ysbakkies met ‘n stokkie in elke een.
Vries in vrieskas tot hard.
Resep en foto’s: Jane Lerm
Annalie Venter:
Ek neem First Choice se 1 liter houer sjokolade poeding, klits tot styf en vries. Indien jy dit in yskas plaas, het jy sjokolade mousse en as jy dit vries, het jy sjokolade roomys! Wanneer jy die inhoud van die houer klits, verdubbel die volume en word skuimerig, en dan is dit reg vir gebruik. Jy kom dus baie vêr met so ‘n houer.