Your Recipe Blog

SJOKOLADE MAYONNAISE KOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 35 minute

SJOKOLADE MAYONNAISE KOEK 

Eerste foto:  Lelane van der Walt
Nota:  Ek het 2 x 20 cm panne gebruik vir die koek op die foto.
Tweede foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis

Koek is vir my lekker! LOVE die whisky smaak!

  • Koek:
  • 500 ml koekmeel
  • 180 ml kakaopoeier
  • 10 ml bakpoeier
  • 15 ml koeksoda
  • 3 groot eiers
  • 400 ml suiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 250 ml Cross and Blackwell mayonnaise
  • 230 ml water
  • 100 ml Whisky
  • 1 blik karamelkondensmelk (ek het hierdie uitgelaat en my eie versiersel gebruik)
  • Versiersel:
  • ½ blik (van 310 g) room
  • 200 g melksjokolade, in kleiner stukkies gebreek
  • Verhit die oond 180ºC.
  • Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en koeksoda saam. Sif vir tweede keer.
  • Klits die eiers, suiker en geursel tot lig en romerig.
  • Verminder die spoed tot laag en vou die mayonnaise by.
  • Voeg bietjies gewys by die eiermengsel: meelmengsel, dan water dan Whisky, dan weer meelmengsel. tot alles ingemeng is.
  • Skep die deeg in twee voorbereide koekpanne.
  • Bak 30 – 35 min lank of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
  • Laat 10 – 15 min afkoel en keer dan uit op afkoelrak.
  • Laat heeltemal afkoel voor versiersel opgesit word.
  • Smeer die karamel kondensmelk op die een koeklaag en sit die lae opmekaar.
  • Berei die versiersel:
  • Kook die room tot dit net begin borrel in die mikrogolfoond.
  • Sit die sjokolade by die room en roer tot die sjokolade heeltemal gesmelt het.
  • Laat afkoel tot die sous sy vorm behou.
  • Giet die sous oraloor die koek soos verkies.
  • Laat die versiersel stol in ‘n koel droë plek.
  • Nota van Benhet: 2de foto
  • Ek het nie haar versiersel gebruik nie ek het in die middel die stoofversiersel gebruik wat ek in die vrieskas gehad het en bo-op gewone botterversiersel wat ook in die vrieskas was. Ek het so bietjie van die botterversiersel oor gelos en dit gesmelt en dit bo-oor die koek gedrip.

 

 

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page