Your Recipe Blog

SJOKOLADE MAYONNAISE KOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 35 minute

SJOKOLADE MAYONNAISE KOEK 

Koek is vir my lekker! LOVE die whisky smaak!

  • Koek:
  • 500 ml koekmeel
  • 180 ml kakaopoeier
  • 10 ml bakpoeier
  • 15 ml koeksoda
  • 3 groot eiers
  • 400 ml suiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 250 ml Cross and Blackwell mayonnaise
  • 230 ml water
  • 100 ml Whisky
  • 1 blik karamelkondensmelk (ek het hierdie uitgelaat en my eie versiersel gebruik)
  • Versiersel:
  • ½ blik (van 310 g) room
  • 200 g melksjokolade, in kleiner stukkies gebreek

Verhit die oond 180ºC.
Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en koeksoda saam. Sif vir tweede keer.
Klits die eiers, suiker en geursel tot lig en romerig.
Verminder die spoed tot laag en vou die mayonnaise by.
Voeg bietjies gewys by die eiermengsel: meelmengsel, dan water dan Whisky, dan weer meelmengsel. tot alles ingemeng is.
Skep die deeg in twee voorbereide koekpanne.
Bak 30 – 35 min lank of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Laat 10 – 15 min afkoel en keer dan uit op afkoelrak.
Laat heeltemal afkoel voor versiersel opgesit word.
Smeer die karamel kondensmelk op die een koeklaag en sit die lae opmekaar.

Nota van Benhet: 2de foto
Ek het nie haar versiersel gebruik nie ek het in die middel die stoofversiersel gebruik wat ek in die vrieskas gehad het en bo-op gewone botterversiersel wat ook in die vrieskas was. Ek het so bietjie van die botterversiersel oor gelos en dit gesmelt en dit bo-oor die koek gedrip.

Berei die versiersel:
Kook die room tot dit net begin borrel in die mikrogolfoond.
Sit die sjokolade by die room en roer tot die sjokolade heeltemal gesmelt het.
Laat afkoel tot die sous sy vorm behou.
Giet die sous oraloor die koek soos verkies.
Laat die versiersel stol in ‘n koel droë plek.

Tweede foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis

Eerste foto:  Lelane van der Walt
Nota:  Ek het 2 x 20 cm panne gebruik vir die koek op die foto.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page