Your Recipe Blog

SJOKOLADE MAASKOEK

Cook: 30 - 45 minute

SJOKOLADE MAASKOEK

Resep getoets deur en foto: Louisa Hollenbach
Die koek is donker, baie klam en heerlik.
  • 500 ml koekmeel
  • 125 ml kakao
  • 5 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 7 ml koeksoda
  • 375 ml strooisuiker
  • 3 ekstra-groot eiers
  • 125 ml olie
  • 250 ml maas (suurmelk)
  • Voorverhit die oond op 180ºC. Smeer of bespuit 2 mediumgrootte losboompanne. (23 cm)
  • Sif die droë bestanddele saam. Klits die eiers, olie en maas saam en meng goed met meelmengsel.
  • Verdeel die beslag in die 2 panne en bak sowat 30 – 45 minute lank of tot toetspen skoon uitkom.
  • Laat effens in panne afkoel en keer uit.
  • Versier volgens jou keuse.
  • Nota: Gebruik karringmelk in plaas van maas.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page