SJOKOLADE-LEMOENPOEDING
Resep en foto: Amanda Austen
- 180 ml melk
- 60 g donker baksjokolade, opgesny
- 125 ml bruinsuiker
- 2 eiers
- 40 g botter, gesmelt
- 5 ml kaneel
- 525 ml koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- 250 ml versiersuiker
- Sous:
- 100 ml water
- 100 ml Ideal Melk
- 45 ml gouestroop
- 60 g botter
- 1 lemoen se gerasperde skil
- Voorverhit die oond tot 160°C. Bespuit ‘n diep oondvaste bak, 25 cm in deursnee.
- Verhit die melk en smelt die sjokolade daarin deur die sjokolade bietjies-bietjies by te roer. Roer die suiker by.
- Klits die eiers, gesmelte botter en kaneel saam en voeg die melkmengsel hierby. Klits weer goed.
- Sif die koekmeel, bakpoeier en versiersuiker saam in ‘n mengbak.
- Vou die meelmengsel bietjies-bietjies by die melkmengsel in tot goed gemeng. Giet in die voorbereide bak.
- Bak ongeveer 45 – 50 min lank of tot die toetspen skoon uit die middel van die poeding kom.
- Kook intussen al die bestanddele van die sous saam. Roer gedurig.
- Druk gaatjies in die poeding sodra dit uit die oond kom en giet die sous stadig oor sodat dit goed kan intrek.
Bedien met vla.
Category:


