SJOKOLADE KOFFIEKOEK MET KOFFIESTROOP EN SWITSERSE KARAMEL
- Koek:
- 300 g koekmeel
- 160 g kakao
- 6 ml sout
- 12.5 ml koeksoda
- 12.5 ml bakpoeier
- 600 g strooisuiker
- 15 ml koffie, opgehoop
- 360 ml water
- 12.5 ml vanilla geursel
- 5 groot eiers
- 360 g karringmelk
- 160 g gesmelte botter
Voorverhit die oond tot 180ºC en voer 2 x 23 cm koekpanne met bakpapier.
Sif die meel, kakao, sout, koeksoda en bakpoeier in ‘n groot mengbak.
Voeg die strooisuiker by.
Los die koffie op in die water en voeg die vanilla geursel by.
Klits die eiers saam met die karringmelk en klits dit by die droë bestanddele in. Klits dan die gesmelte botter en die koffiemengsel by.
Meng goed, en giet in die voorbereide koekpanne (dis ‘n baie slapmengsel)
Bak vir ongeveer 45 minute tot gaar. Die koek sal wegtrek van die kante en terugwip as jy met jou vinger daarop druk.
Haal uit die oond en laat afkoel op ‘n draadrak.
Aanmekaarsit van die koek:
Sny koek in 2 lae en sny dit bo-op gelyk.
Plaas die eerste laag op ‘n koekbord.
Giet ‘n bietjie van die koffie-suikerstroop met ‘n eetlepel oor en smeer ‘n laag botterversiersel op.
Plaas die tweede koeklaag bo-op en herhaal die proses.
Herhaal met die derde koeklaag, maar die laaste koeklaag kry nie suikerstroop bo-oor nie.
Smeer die hele koek aan die kant en bo-op toe met die res van die Karamelversiersel.
- Koffiestroop:
- 200 g suiker
- 250 ml water
- 12.5 ml koffiepoeier
Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is.
Kook stadig vir 5 minute.
- Switserse karamel botterversiersel:
- 100 g witsuiker
- 200 g karamelsuiker
- 180 g eierwit
- 240 g versiersuiker
- 450 g ongesoute botter, by kamertempertuur
Verhit die witsuiker, karamelsuiker en eierwit in ‘n dubbelkoker tot 46ºC of tot al die suikerkristalle opgelos is.
Toets dit deur die mengsel tussen jou vingers te vryf – as jy nie suikerkorrels voel nie, is dit reg.
Giet die warm mengsel in die mengbak van ‘n elektriese menger en klits met die draadklitser tot dit stywepunt-stadium bereik en glansend is.
Sif die versiersuiker en voeg dit by die mengsel.
Klits eers stadig om die stofstorm te vermy, en dan vinnig tot so styf moontlik.
Deel die botter in 4 dele en voeg dit in 4 sarsies by die mengsel terwyl die menger op volspoed loop. Moenie skrik as die eier slap raak na die 2 de byvoeging nie. Hou net aan klits en voeg die laaste 2 sarsies botter by. Die mengsel sal uiteindelik dik en glad raak.
Resep: Mareli Visser
Foto: Petré van Jaarsveld