SJOKOLADE KOEK MET STROOP
- Beslag:
- 250 ml koekmeel
- 250 ml strooisuiker
- 20 ml bakpoeier
- 40 ml kakao
- 2 ml sout
- 250 ml warmwater
- 5 ml vanilla geursel
- 2 groot eiers
- 60 ml olie
Los kakao in warmwater op en voeg vanilla by.
Klits eiers en olie goed saam.
Meng droë bestanddele saam.
Meng nou die nat en droë bestanddele goed saam.
Skep in voorbereide ringpan geskik vir mikrogolf.
Mikrogolf vir 7 min op ‘n omgekeerde piering op 100% krag.
Laat rus vir 10 min. in die mikrogolf.
- Terwyl dit rus kook saam vir 1 minuut:
- 1 koppie suiker
- 1 koppie water
- 5 ml vanilla geursel
Giet die warm sous oor die warm koek terwyl nog in ringpan. Keer dadelik uit en laat afkoel.
- Kook saam:
- 125 ml suiker
- 25 ml koekmeel
- 25 ml kakao
- 180 ml water
- 25 ml margarien of botter
Meng goed saam en roer aanhoudend tot dit begin dik word.
Smeer oor afgekoelde koek.
Nota:
Ek smelt sommer bietjie wit sjokolade en gooi bo oor en sjokolade sprinkels.
Regtig baie lekker en klam.
Resep en foto: Marie Grobler