Your Recipe Blog

SJOKOLADE KOEK MET SJOKOLADE STROOP

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 25 min.

SJOKOLADE KOEK MET SJOKOLADE STROOP

  • Beslag:
  • 60 ml kakao
  • 125 ml kookwater
  • 3 eiers
  • 220 ml suiker
  • 60 ml olie
  • 250 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • Versiersel:
  • 1 blik karamel kondensmelk
  • 250 ml room, styf geklits
  • Stroop:
  • 1 koppie water
  • 1 koppie suiker
  • 45 ml kakao
  • 1 teelepel vanilla

Meng kakao en kookwater tot glad. Laat koud word.
Klits suiker en eiers tot lig. Voeg olie by en klits goed.
Voeg kakao mengsel by, meng deeglik.
Sif droë bestanddele saam, sit by mengsel en meng goed.
Skep in twee voorbereide ronde koek panne.
Bak teen 180ºC vir 20 – 25 min of tot gaar.

Stroop:
Kook al die stroop bestanddele saam tot suiker gesmelt is.
Ek laat my stoop afkoel.
Sny koeke in die helfte. Deel stroop tussen die vier helftes.
Plaas een koek op opdien bord en giet stroop eweredig oor.
Smeer met ‘n laag karamel kondensmelk en dan ‘n laag styf geklopte room.
Plaas die volgende laag koek op en herhaal tot al die lae gedoen is.
Versier soos verlang.

Resep en foto: Nicolette Papas

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page