SJOKOLADE KERSIE KOEKSTRUIF
Vir almal wat die resep gesoek het. Dit is n lekker groot bak en 10 tot 15 mense eet ruim aan die Trifle. Chocolate cherry trifle. Lekker bak en lekker eet!
- 2 blikke kondensmelk
- 2 houers gladde roomkaas
- 125 ml suurlemoensap
- 1 blik swart kersies
- Frangelico likeur na smaak, hoe meer hoe lekkerder
- 2 – 3 pakkies vars kersies, verkieslik verskeidenheid
- 2 – 3 Flake sjokolades
- gewone sjokolade koek in plaat gebak soos vir swiss roll, ongeveer 2 cm dik
- vars room, styf geklits
Dreineer die blikkies kersies en hou die sap eenkant. Voeg die Frangelico by die sap na smaak. Meng in ‘n aparte bak die kondensmelk en roomkaas saam, voeg die suurlemoensap stadig by en mend goed. Gebruik ‘n wynglas om ringe uit die koek te druk en gebruik ‘n eierspaan om die ringe vinnig in die sap en likeur mengsel te dip (Moenie week nie anders sal dit te pap word.)
Plaas die gedoopte koekringe op die bodem en kante van ‘n mooi opskep bak, smeer ‘n laag kondensmelk- en roomkaasmengsel oor die koeklaag, dan ‘n laag met blikkie kersies en dan laag gebreekte Flakes. Herhaal die proses tot die bak amper vol is.
Skep die geklitste room bo-oor en versier met die vars kersies en nog Flake krummels.
Geniet!
Wenk :
Moenie die dis te lank vooraf berei nie, dit kan pap word
Resep en foto : Karen Kirstein