SJOKOLADE KARAMELKOEK
- Vir die stroop:
- 250 g suiker
- 250 ml water
- Vir die koek:
- 125 g koekmeel
- 2 ½ bakpoeier
- knippie sout
- 250 g botter
- 125 g suiker
- 200 g donker sjokolade
- 5 eiers
- Vir die versiersuiker:
- 200 g donker sjokolade
- 1 blik Caramel Treat
Vir die stroop, los die suiker in die water op en bring dit tot kookpunt.
Laat dit afkoel en sit dit in die yskas terwyl jy die res van die resep voorberei.
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Spuit ‘n groot, diep ringkoekpan met Cook ‘n Spray.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Smelt die botter, suiker en sjokolade saam in ‘n glasbak oor warm water.
Laat dit afkoel en skep die sjokolademengsel oor in ‘n mengbak.
Klits die eiers een vir een by; klits goed na elke byvoeging.
Vou die meelmengsel in.
Giet die beslag in die voorbereide koekpan en bak in die oond vir 45 min.
Haal die koek uit die oond wanneer dit gaar is, giet die koue stroop bo-oor en laat dit in die koekpan afkoel.
Smelt die sjokolade oor warm water in ‘n bak en meng dit met die Caramel Treat.
Keer die koek uit die pan wanneer dit afgekoel is. Laat oortollige stroop afloop.
Smeer die versiersel met ‘n slaplemmes oor die koek.
Daar is BAIE versiersel, gebruik alles.
Versier verder na smaak (ek het fondant rosies en bronskleurige eetbare glitter gebruik)
Nota:
‘n Mens kan dit in ‘n gewone koekpan bak, soos ek gemaak het omdat ek nie ‘n ringkoekpan het nie, maar dan is die middelste gedeelte amper asof dit ‘onstabiel’ is!
Foto: Marilize Swart
Resep geplaas deur Marilize Swart