Your Recipe Blog

SJOKOLADE KAASKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute

SJOKOLADE KAASKOEK

Dis nogal ‘n duur tert, want jy het 3 bakkies roomkaas nodig. Waarskuwing: dis verby vreeslik soet.

  • 3 bakkies (230 g elk) roomkaas
  • ¾ koppie suiker
  • 3 eiers
  • 5 ml vanilla geursel
  • 2 koppies mini “choc chips”
  • 2 eetlepels room (ek het bietjie meer gebruik)
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 80 – 100 g gesmelte botter

Voorverhit die oond op 230°C.

Kors:
Maak die Tennisbeskuitjies fyn en meng met die botter. Vul die boom en kante van ‘n tertbak met die mengsel. (Ek het dit in die yskas gesit tot ek die vulsel wou opsit.)

Vulsel:
Klits die roomkaas en suiker in ‘n groot bak met ‘n klitser tot goed gemeng. Voeg die eiers en vanilla by en klits weer. Meng ± 1½ koppie van die “choc chips” in die mengsel en roer deur. Skep die mengsel in die tertbak op die kors.

Bak vir 10 minute op 230°C.
Sonder om die deur oop te maak, draai oondtemperatuur af na 120°C en bak verder vir 30 minute.
Haal uit en laat heeltemal afkoel op ‘n draadrakkie. Maak toe en verkoel in die yskas vir tenminste nog ‘n uur.

Meng die res van die “choc chips” met die room in ‘n bak wat in die mikrogolf kan gaan. Ek het ‘n tuitbeker gebruik. Verhit in ‘n mikrogolf oond tot die “chips” heeltemal gesmelt is.
Giet die mengsel bo-oor die vulsel tot die tert bedek is. Hou die kors gedeelte oop.
Plaas terug in die yskas vir so 30 minute.
Geniet dit.

Foto: Stien Rust

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page