SJOKOLADE FUDGE BROWNIES
- 250 g botter of margarien
- 30 ml kookolie
- 500 g strooisuiker (caster sugar)
- 4 eiers
- 20 ml vanilla geursel
- 250 ml (140 g) koekmeel
- 250 ml kakao
- ½ teelepel sout
Verhit oond op 175 ºC.
Spuit brownie pan (18 x 28 cm binnekant mate geneem) met nie-kleefwerende middel. Hou eenkant.
Smelt botter/margarien in mikrogolf, meng met strooisuiker en olie in 2 liter bak met ‘n “whisk”.
Meng goed vir so 1 min met “whisk”.
Voeg eiers en vanilla by en meng goed vir so 1 min. Voeg die koekmeel, kakao en sout by. Vou in tot alles nat is moet nie te veel meng nie.
Gooi deeg in pan en maak gelyk.
Bak 25 – 35 min of as die middel nie meer “jiggle” nie.
Haal uit die oond – dit sal nog verder bak in die warm pan.
Laat afkoel en sny in blokkies.
Nota:
Moet kraak bo-op as jy dit sny.
Resep en foto: Meisie Van Der Colff
Andrie Grimsell:
Foto 2 en nota:
Ek het vir oukersaand vir elkeen hul eie brownie gemaak met gekoopte spuitroom en ‘n kersie as versiering. Ek het net 8 brownies gemaak en die res van die beslag in ‘n groot pak gesit. Kon sekerlik 12 gemaak het met die hele beslag. Ek het dit dieselfde hoeveelheid tyd gebak, met ‘n gas oond.
Foto 3: Frans van Rensburg – Meng 1 koppie versiersuiker met 2 en 1/2 eetlepels melk, sit in spuitsak en trek strepies oor… geniet