SJOKOLADE FLAN
Die koek het net so interessant gelyk dat ek net móés kyk of dit regtig so werk en ek was aangenaam verras. Die resep klink lank, maar dis werklik maklik en vinnig om aanmekaar te slaan. En ek het glad nie ‘n elektriese menger gebruik nie, net ‘n hand “whisk”.
- Karamel:
- 1 koppie suiker
- ½ koppie water
- Vir die koek: Mengbak 1:
- 4 eiers
- 300 ml melk
- 1 blik kondensmelk (385 g)
- Mengbak 2:
- 2 eiers
- ⅔ koppie suiker
- ⅔ koppie melk
- 6 eetlepels olie
- 6 eetlepels kakaopoeier
- 1 koppie koekmeel
- 1 eetlepel bakpoeier
Karamel:
Verhit die suiker in ‘n pan op medium hitte totdat die suiker smelt. Roer gereeld.
Voeg die water by en meng ‘n verdere 2 minute sodat ‘n karamel kan vorm.
Giet die karamel in ‘n voorbereide tuitpan en laat dit versprei teen al die kante. Laat staan eenkant terwyl die res gemeng word.
Mengbak 1:
Meng die eiers, melk en kondensmelk goed tot glad.
Giet die mengsel in die pan oor die karamel.
Mengbak 2:
Meng die eiers, suiker, melk, olie en kakaopoeier goed saam.
Voeg die koekmeel by en meng in.
Meng die bakpoeier by.
Giet die mengsel oor die kondensmelklaag in die pan.
Bedek die pan met foelie.
Plaas die pan in ‘n groter koekpan en giet baie warmwater tot in die helfte van die koekpan se hoogte in die groter pan.
Bak vir 180°C vir 90 minute.
Verwyder die foelie en plaas die koek in die yskas vir 2 uur sodat die flan goed stol.
Keer die koek om in ‘n mooi bord, los so ‘n minuut sodat die karamel mooi afloop voor jy dit oplig.
Resep geplaas deur Alet Schoen Murray
Foto’s: Alet Schoen Murray