Your Recipe Blog

SJOKOLADE EN WORTELKOEK

Recipe by
Cook: 25 - 35 minute

SJOKOLADE EN WORTELKOEK

Ek sien gister  iemand het ‘n sjokolade wortelkoek gebak. Soek op internet vir’n  resep. Kry dié resep en bak dit toe. Weet nie wat ek verwag het nie, maar die resultaat is vir my net ‘n gewone (baie lekker) sjokolade koek.

  • 750 ml fyn gerasperde wortels
  • 500 ml wit suiker
  • 310 ml kookolie
  • 10 ml vanilla geursel
  • 4 groot eiers
  • 500 ml koekmeel
  • 125 ml kakao
  • 5 ml koeksoda
  • knippie sout
  • Versiersel:
  • ½ bakkie volroom maaskaas
  • 125 g margarien of botter
  • 4 koppies versiersuiker
  • 60 ml kakao
  • 10 ml vanilla geursel
  • okkerneute

Bespuit en voer twee 22 cm koekpanne. Voorverhit die oond tot 180ºC.
Klop suiker, olie en eiers vir sowat 5 minute tot ligkleurig en gemeng. Vou wortels daarby in.
Sif meel, kakao, sout en koeksoda saam. Vou in by die eiermengsel. Verdeel gelyk op tussen die koekpanne en bak vir 25 – 35 minute tot net gaar. Moenie oorbak nie.
Laat vir 10 – 15 minute afkoel in panne, keer die koekke uit en daarna op draadrak tot heeltemal koud.

Versiersel:
Klop botter en geursel tot sag. Sif versiersuiker en kakao by. Voeg klein hoeveelhede maaskaas op ‘n slag by en meng tot smeerbare mengsel. (Moenie al die maaskaas op een slag bysit nie, want jy mag met ‘n te pap versiersel sit!)
Versier soos verkies.

Foto: Elaine Steyn

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page