SJOKOLADE- EN ROOI FLUWEELKOEK
My dogter word môre 14 en het die koek vir haarself gemaak:
- Sjokolade koek:
- 4 eiers
- 3 koppies koekmeel
- 1 ½ teelepel bakpoeier
- 1 eetlepel koeksoda
- 2 koppies kakao
- 3 koppies strooisuiker
- 1 ½ teelepel sout
- 5 teelepels vanilla geursel
- ½ koppie kookolie
- 1 ½ koppie karringmelk
- 1 ½ koppie water
Meng al die droë bestanddele saam, voeg die nat bestanddele by en meng alles goed. Skep in twee voorbereide koekpanne.
Bak 30 – 45 min teen 170°C of tot toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond, laat staan ‘n rukkie en keer uit op ‘n draad rakkie om heeltemal af te koel.
- Rooi fluweelkoek:
- 1 koppie kookolie
- 2 koppies suiker
- 2 eiers
- rooi gel koekkleursel, na smaak ongeveer 50 ml
- 1 eetlepel kakao
- 1 teelepel sout
- 1 eetlepel vanilla
- 2 ½ koppies koekmeel
- 1 ½ teelepel koeksoda
- 1 ½ teelepel bakpoeier
- 1 eetlepel asyn
- 1 koppie karringmelk
Meng olie, suiker, eiers en kakao gemeng met rooi kleursel, sout en vanilla saam.
Sif meel, koeksoda en bakpoeier by en meng. Voeg karringmelk en asyn by en meng goed.
Skep in twee voorbereide panne.
Bak 45 min teen 170°C of tot toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond, laat staan ‘n rukkie en keer uit op ‘n draad rakkie om heeltemal af te koel.
Nota:
4 lae bo en 4 lae onder- die redvelvet het sy 2 keer aangemaak- en die sjokolade net een keer, en twee verskillende grotte panne gebruik.
Versier soos verkies, ek het Roomkaas vulsel tussen die lae en botterversiersel buite om gebruik.
Resep geplaas deur Renate Terblanche
Foto: Renate Terblanche