Your Recipe Blog

SJOKOLADE- EN MAASKAASKOEK

Recipe by
Cook: 40 minute

SJOKOLADE- EN MAASKAASKOEK

  • 375 ml koekmeel
  • 5 ml koeksoda
  • 200 ml suiker
  • 1 ml sout
  • 50 ml kakao
  • 250 ml water
  • 125 ml kookolie
  • 12 ml witasyn
  • 5 ml vanilla geursel
  • 100 g vrugte- en neutsjokolade
  • 250 g geroomde maaskaas
  • 1 ekstra groot eier
  • 75 ml suiker, ekstra

Voorverhit die oond tot 180ºC en spuit ‘n 20 x 20 cm losboomkoekpan met kleefwerende kossproei.
Meng die meel, koeksoda, suiker, sout en kakao en plaas eenkant.
Klits die water, olie, asyn en vanilla geursel saam, voeg by die droë bestanddele en meng goed deur.
Giet die beslag in die koekpan. Breek die sjokolade in die helfte. Breek die een helfte in blokkies en kap die ander helfte grof. Druk die sjokoladeblokkies in die beslag.
Meng die maaskaas, eier en ekstra suiker en skep versigtig oor die beslag, smeer gelyk.
Sprinkel die gekapte sjokolade bo-oor.
Plaas die koek in die voorverhitte oond en bak vir 40 minute of tot ‘n toetspen skoon uit die koek uitkom wanneer getoets word.

Resep en fotos: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5